Vir huiseienaars is KuierPlek die manier om hul SWEMBAD te VERHUUR aan bure en klub lede vir 'n paar uur se kuier of selfs kort swem sessies.
Lys jou plek
Kuierplek gee swembad eienaars nou 'n platvorm om hul swembad of kuierplek te lys en te verhuur.
Lidmaatskap is vir gaste. Stel jou plek ('venue') beskikbaar aan individue of groepe en genereer so 'n inkomste. Jy bepaal self wie kan kom en die maksimum aantal gaste en voertuie toegelaat, want veilige parkeerplek is belangrik.
Net lede kan plekke sien en besprekings maak. Dis ideaal vir gesinne wat miskien in 'n woonstel bly sonder 'n swembad en wil gaan swem met die kinders.
Vir gaste wat partytjie wil hou by 'n groter of ander privaat plek saam vriende en familie open dit meer geleenthede. Die konsep om 'n huis of kamer op AirBnB of LekkeSlaap te verhuur is niks nuuts meer nie, maar om jou privaat swembad vir bure of aan ander mense te verhuur is besig om wêreldwyd pos te vat.
Of jou swembad of braaiplek net gewoon of uiters luuks is, by jou huis, plot of plaas is, dis 'n bate wat jy kan verhuur vir ander se plesier. Registrasie is gratis - kliek hier
Wat ons doen
- Ons lys jou plek saam met 'n beskrywing, foto's en huisreëls teen 'n tarief wat jy bepaal.
Wat jy doen (Swembad eienaars)
- Jy besluit oor die tarief per uur
- Watter datums gaste kan bespreek
- Wat toelaatbaar is: Net swem of kan gaste ook daar braai of partytjie hou. Al die moontlikhede en besonderhede word in die registrasie proses gelys.
Tydens 'n bespreking
- Sorg dat gaste welkom voel en die ervaring geniet.
- Dis altyd goed as iemand tuis is wanneer gaste die swembad gebruik, maar dis nie noodsaaklik nie.
Klub lede (Gaste)
- Kan plekke soek in hul nabye omgewing
- Sien watter tye beskikbaar is; die tarief ensovoorts.
- Hul kan dan op die website 'n bespreking maak
- Hul bring eie swem handdoeke saam, eet en drinkgoed ensovoorts.
Ka-chin en die geld is in die bank
- Indien jy gereed is om jou swembad of kuierplek te lys - kliek hier