Vir huiseienaars is KuierPlek die manier om hul SWEMBAD te VERHUUR aan bure en klub lede vir 'n paar uur se kuier of selfs kort swem sessies.
Hoe dit werk
Lede bespreek 'n swembad
- Vanaf R75 tot R850 per uur. Teen die prys soos deur die eiendom se eienaar bepaal.
Wat ons aanbied
- Bespreking van kuierplekke by privaat wonings, waarvan die meeste selfsorg kuierplekke is.
Wat genoem word oor elke KuierPlek
- Die algemene huisreëls.
- Hoeveel mense maksimum kan kom en of kinders toegelaat word.
- Of rook toelaatbaar is en so ook die gebruik van alkoholiese drank op die perseel.
- Watter geriewe beskibaar.
- Opsionele ekstras wat bespreek kan word.
- Hoeveel parkeerplekke vir voertuie beskikbaar is.
- Enige spesiale reëlings.
Algemene reëlings
- Die lid wat die bespreking maak aanvaar volle verantwoordelikheid en aanspreeklikheid.
- Lidmaatskap is slegs oop vir persone bo 18 jaar met 'n geldige rybewys; ID en geregistreerde voertuig.
- Besprekings word gehou tussen 08:00 en 22:00.
- Gaste bring eie swemhanddoeke.
- Kuier en swem met jou klere aan (naaktheid word nie toegelaat).
- Kinders moet ten alle tye onder toesig wees van 'n verantwoordelike volwassene.
Wat ons doen
KuierPlek lys 'n verskeidenheid plekke in Suid-Afrika waar jul kan werk, ontspan of gesellig kuier vir 'n paar uur langs of in 'n swembad.Saam met KuierPlek kan jou volgende ontmoeting of kuier meer spesiaal gemaak word - sluit nou aan en kuier meer!